Laerskool Volschenk

Grondslagfase

Graad 1 – 3

Welkom by Vollieland

In Vollieland moet ‘n Grondslagfase kind, lag, werk, waag, veilig voel en sommer net ‘n volbloed-Vollie wees! 

In ‘n geborge en veilige omgewing moet elke kind aangemoedig word om die leerervaring met selfvertroue aan te pak, om ‘n eie mening te hê, om sy of haar uniekheid uit te leef.

Ons fokus daarop om deur middel van kleingroep-onderrig elke leerder se akademiese behoeftes aan te spreek, sodat hul volle potensiaal bereik kan word.  Individuele ondersteuning word gebied aan leerders wat die werk uitdagend vind. Ons werk is ons trots en ons hanteer ons boeke en hulpmiddele met respek en sorg.

Ouers en opvoeders is vennote in leer en moet mekaar aanvul in belang van ons leerders se ontwikkeling in totaliteit.  Ons respekteer die opvoeders se werksetiek en laat hulle toe om hul passie vir hul roeping uit te leef.  Ons het ‘n hart vir kinders en sal in elke opsig ons kundigheid gebruik om elke kind holisties te ontwikkel, kognitief, emosioneel en sosiaal.

Raak n Volbloed
Vollie

Ons is trots

Ons moedig kritiese denke, kreatiwiteit, groepvaardighede en goeie, weldeurdagte kommunikasievaardighede aan.  Al ons klasse is toegerus met ‘n interaktiewe witbord.  Ons bring die beleefwêreld daarbuite, in die klas in deur video’s en Powerpoints.  Om konsepte deeglik vas te lê, doen ons baie konkrete werk voor ons oorgaan na skryfwerk in die boeke.

Ons opvoeders is “hands on” met die vordering van elke kind aan hulle toevertrou.  Ons prikkel die nuuskierigheid, onderrig die feite, ondersteun die onsekerhede. 

‘n Volbloed-Vollie is gedrewe om met trots sy/haar plek in die samelewing vol te staan.

Grondslagfase Vakke

Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV)

vir gr. 1-3 bied die Grondslagfase vyf vakke aan vanaf 2025:

Huistaal Afrikaans

Eerste Addisionele Taal Engels

Wiskunde

Lewensvaar digheid

Coding
Robotika

Luister en praat

Lees en klanke

Skryf en handskrif

Listening and speaking,

Reading & Phonics

Writing and handwriting

Getalle, bewerkings en verwantskappe

Patrone, funksies en algebra

Ruimte en vorm

Meting

Datahantering

Aanvangskennis

Persoonlike en Sosiale Welsyn

Liggaamlike opvoeding

Skeppende Kuns

Inligting sal volg