Laerskool Volschenk

Intersen fase

Graad 4 – 7

‘n Skool se akademie is die een aspek wat die grootste verskil in ‘n kind se toekoms kan maak. Dit is daarom belangrik dat die akademie bydra tot die skep van ‘n positiewe selfbeeld by die kind. Vir hierdie doel is opgeleide, toegewyde personeel hier by Volschenk wat nog die kind agter die “leerder” raaksien en die individualiteit van die kind erken, terwyl hy/sy begelei word om optimaal te ontwikkel en ‘n passie te kweek vir dit waarin hy/sy uitblink.

Die skool is maar té bewus daarvan dat slegs ‘n klein persentasie van leerders wat tot formele onderrig toetree, hulle skoolloopbane voltooi en dat nog ‘n kleiner persentasie toelating tot universiteite verkry. Die laerskool is die plek waar die fondament gelê word vir suksesvolle, naskoolse akademiese prestasie. Hierdie “venster van ontwikkeling” is reeds verby wanneer die kind sy hoërskooljare bereik.

‘n Klein bietjie meer aandag aan akademiese werk op laerskoolvlak kan leerders ontwikkel wat ‘n beduidende verskil maak in die wêreld wanneer hulle moet leiding neem as volwassenes.

Akademie is uiters belangrik

Ons is ‘n baie energieke personeelkorps wat die leerders lei en ondersteun om: 

  • Self te kommunikeer en redeneer
  • Probleemoplossing te hanteer
  • Selfvertroue te ontwikkel
  • Om in groepe te werk
  • Om self te ontdek en te waag 

Vordering word deurlopend bepaal met die klem op kritiese denke en kreatiwiteit.

Vordering word deurlopend bepaal met die klem op kritiese denke en kreatiwiteit.

Intermediêre Fase

Graad 4 – 6 Vakke

Die KABV-kurrikulum word gevolg.

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskap en Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe
  • Geskiedenis
  • Geografie
  • Lewensvaardighede
  • Kuns & Kultuur: Uitvoerende Kuns, Kreatiewe Kuns
  • Fisiese Aktiwiteit
  • Persoonlike en Sosiale Welsyn

Senior Fase

Graad 7 Vakke

Die KABV-kurrikulum word gevolg.

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde
  • Natuurwetenskappe
  • Tegnologie
  • Sosiale Wetenskappe
  • Geskiedenis
  • Geografie
  • Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
  • Lewensoriëntering (Fisiese Aktiwiteit)
  • Kuns & Kultuur
  • Uitvoerende Kuns
  • Kreatiewe Kuns

kommunikasie

Kommunikasie vanaf die skool se kant, geskied meestal deur die skool se “D6 Connect” wat u op u selfoon en rekenaar kan aflaai. Die sisteem sal u waarsku wanneer daar enige veranderinge aan die program plaasvind, of wanneer daar sake is waarvan u dringend moet kennis neem.

Die “D6 Connect” is die kernbron van inligting by Laerskool Volschenk. Kommunikasie na personeel, vanaf u as ouer geskied per e-pos. Personeel kyk daagliks na hul e-posse en sal u spoedig antwoord. Vir enige dringende kommunikasie is u ook welkom om ‘n boodskap by die ontvangsdame te los en dit sal na die betrokke onderwyser oorgedra word.

benodigheide

Die skoolbenodigdhede word jaarliks op die “D6 Connect” geplaas.

huiswerk

Ons kweek ‘n pligsbesef by ons leerders en daarom hou leerders alreeds vanaf Graad 4 self boek van werk wat hulle tuis moet voltooi.

rapporte en oueraande

Na afloop van die uitdeel van die eerste rapport aan leerders, word die eerste oueraand van die jaar gereël. U as ouer is ook welkom om enige aspekte rakende u kind met die vak- of voogonderwyser te kom bespreek.

Ondersteuning en Evaluering

Ons onderwysers is toegewyd om ‘n kultuur van leer te skep – en om onderrigmetodes aan elke leerder te bied om aan elke leerder se unieke behoeftes te voldoen. Ons gebruik ‘n verskeidenheid evalueringsmetodes, insluitend formele toetse, portfolios, en daaglikse assesserings om leerders se vordering te monitor en aanpassings te maak waar nodig.

By ons skool is ons verbind tot die ontwikkeling van elke leerder se volle potensiaal en die bevordering van ‘n liefde vir leer. Ons glo dat die Intersenfase ‘n kritieke tyd is vir akademiese groei, en ons sien daarna uit om saam met u kind te werk om hierdie belangrike fases in hul opvoeding te bevorder.