Laerskool Volschenk

Vollies nasorg

‘n tuiste weg van die huis

2021 Merk die wonderlike begin van Laerskool Volschenk se nasorgsentrum.

Met slegs ‘n handjie vol kindergesiggies en  passievolle personeel het die reis van Vollie-nasorg begin.

Ons roem daarop om ‘n tuiste weg van die huis te bied aan kinders van gr. R tot gr. 7.  Vollie-nasorg is bevoorreg om ons kinders ouderdomgepas te kan verdeel in twee gerieflike lokale. Elke lokaal beskik oor ‘n bekwame juffrou wat met ywer toesien dat elke leerder veilig en versorg in ‘n warm, hartlike atmosfeer hul middag kan geniet.

ondersteuning

Ons personeel beoog om u kind te ondersteun met hulp gedurende studietyd asook met navorsing vir take.

U kind se veiligheid is van kardinale belang, dus word dissipline en ordelikheid deurentyd gehandhaaf.

Met dank Belinda.