Die ontwikkeling en erkenning van elke Vollie se volle potensiaal deur:
effektiewe bestuur aan die voorpunt van transformasie in die onderwys te staan
hoë en gebalanseerde standaarde in akademie, sport en kultuur te handhaaf
gelyke geleenthede vir alle leerders te skep
om met gesonde dissipline ‘n emosioneel sterk kind met ‘n goeie selfbeeld te kweek
‘n omgewing te skep waar ons leerders hul Afrikaanse godsdienstige karakter en kultuur volkome kan uitleef sonder om ander kulture en gelowe te misken
Ons Visie
Liefde Vreugde Respek Trots
Laerskool Volschenk wil ‘n waardegedrewe skool van voorkeur wees wat streef na uitnemendheid op alle gebiede, om gebalanseerde, verantwoordelike en gelukkige Vollies vir ‘n multikulturele samelewing te ontwikkel.